Boer Goats South Africa

Boerbokke
Suid-Afrika

Inligting en Kundigheid
gemik op
Volhoubaarheid en Winsgewendheid

Suid-Afrika is wêreldwyd die erkende bakermat van Boerbokke

Die geharde en produktiewe Suid-Afrikaanse Boerbok is oor meer as 70 jaar deur streng selektiewe teelbeleid hier aan die suidpunt van Afrika ontwikkel. Dit is die maatstaf waarteen alle vleisbkke wêreldwyd gemeet is. Vandag word die Boerbok in feitlik elke land regoor die wêreld gevind. Hier in Suid-Afrika word rasstandaarde bepaal en slegs die heel beste genetika deur telers van wêreldstandaard geteel word.
Dié innoverende webtuiste bring op dinamiese en inhoud-ryke wyse bymekaar amper alle inligting rakende dié geharde vleisbok wat maklik gevind kan word. Alle kennis, ervaring, inligtingshulpbronne, opleiding en meer is hier beskikbaar.
Kommersiële boere is die pioniers wat die SA Boerbok hier ter plaatse ontwikkel het, en tot vandag toe nog verder verbeter om in die groeiende behoefte aan voedsel te kan voorsien. Hulle aansienlike kennis oor dié bokras wat so wêreldwye opskudding maak, word hier gedeel.  

Boer Goats South Africa is an industry body producing Knowledge Resources, providing Training and developing information products. We do not sell goats.

Hoekom Boerbokke?

Hoogs Vrugbaar

Few livestock breeds match the fertility rates of Boer Goats.  With good management input and the correct genetics, kidding percentages of 180% are easily achieved.

Gehardheid

Die Boerbok is spesifiek vir ekstensiewe, semiwoestyn toestande geteel. Onder dié omstandighede omskep dit lae gehalte weiding baie doeltreffend in vleis om. Sy natuurlike weerstand teen siektes en parasiete beteken aansienlik laer insetkostes.

Moedereienskappe

Boerbokooie toon uitstaande moedereienskappe. Dít, tesame met goeie melkproduksie met 'n hoë voedingswaarde, het tot gevolg dat lammers vinning groei.
Ideal Boer Goat buck

Aanpasbaarheid

Die Boerbok se vermoë om by 'n wye reeks omgewingstoestande aan te pas en daaronder te floreer, beteken dat die ras in vele lande en klimaatsomstandighede baie goed doen.

Vinnige Groei

Goeie genetika, byvoeding en dieregesondheidspraktyke, wanneer dit met top bestuursinsette gekombineer word, produseer 'n dier wat met lae insetkostes, vinnig groei.

Lae Insetkostes

Funksioneel doeltreffend en geneties suiwer Boerbokke wat by die toestande waaronder met hulle geboer word, aangepas is, vereis lae insetkostes. Dit is 'n groot bydraer tot die ras se winsgewendheid.

SA Boerbok

Gewilde

Kategorieë

Leer Aanlyn | Koop Aanlyn | e-Boeke 

LAAI DIGITAAL AF

Ons E-Boeke, Bestuurshulpbronne en Aanlyn Kursusse is almal per Digitale Aflaai beskikbaar.

KITS BETALINGS

Ons aanvaar Kredietkaarte, Debietkaarte, Kits- asook Gewone EFT