Die Boerbok se natuurlike weerstand teen parasiete en siektes het tot gevolg dat produksiekostes aansienlik verlaag word. Die ras se vermoƫ om lang afstande te kan stap, om 'n wye verskeidenheid plantegroei, wat baie ander vee nie sal benut nie, te benut en sy inherente aanpasbaarheid, maak van die Boerbok 'n baie geharde en doeltreffende veeras om mee te boer.