Boer Goat training in Potchefstroom

'n Waardevolle Boerbokboerdery kursus

Ekonomiese werklikhede bepaal dat slegs die mees doeltreffende Boerbokboere gaan oorleef en vooruitgaan.
Om in hierdie groeiende behoefte te voldoen, bied Johan Steyn, eienaar van die gerespekteerde Patriot Boerbokstoet in Suid-Afrika, 'n intensiewe een dag Boerbokboerdery kursus aan. Hier deel hy sy kennis en ervaring van amper 30 jaar met studente. Die kursus word vir die boer deur 'n boer aangebied. Indien u u winsgewendheid en volhoubaarheid wil verbeter, sal u aansienlik baat deur die kursus by te woon.
Ingesluit in die kursusfooi is 'n dokumentpakket (in óf Afrikaans óf Engels) wat die volgende bevat:
  • 'n Gedrukte handleiding
  • 'n Boerbok bestuursprosedures DVD
  • 'n Professioneel ontwerpte sertifikaat
  • Middagete
  • Tee en koffie deur die loop van die dag
Die intensiewe een dag kursus dek alle aspekte van Boerbokboerdery. Dit sal die student instaat stel om die kennis wat hy ingewing het, aan te wend om die winsgewendheid en volhoubaarheid van sy boerdery te verbeter. Die kursus is op nuwe sowel as ervare boere met 'n kennis van veeboerdery, en wat hulle kennis wil verbeter, gemik.
Alle kursusmateriaal is ook in Afrikaans beskikbaar.  Kursusse kan ook uitsluitlik in Afrikaans aangebied word indien verlang en indien daar voldoende studente is.
Met voltooiïng van die kursus sal die student sy kennis dadelik tot voordeel van sy boerdery kan aanwend.
Die volgende vakmateriaal word gedek:
  • Fisiologie van die Boerbok
  • Die Ekonomie van Veeboerdery
  • Volhoubaarheid
  • Dieregesondheid
  • Byvoeding
  • Beplanning van die Produksiesiklus
  • Bestuur van die Lamseisoen

Kursusdatums

Besigtig asseblief ons Kansellasiebeleid deur op die knoppie hieronder te klik.
  • * Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 20 October 2021
    (payment cutoff date: 14 October 2021)
  • * Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 26 January 2022
    (payment cutoff date: 20 January 2022)
  • * Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 20 April 2022
    (payment cutoff date: 12 April 2022)
  • * Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 20 July 2022
    (payment cutoff date: 14 July 2022)
  • * Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 26 October 2022
    (payment cutoff date: 20 October 2022)