
'n Noodsaaklike Boerbok Boerderykursus vir Kommersiƫle Produsente
Ekonomiese werklikhede bepaal dat slegs die mees doeltreffende Boerbokboere gaan oorleef en vooruitgaan.
Om in hierdie groeiende behoefte te voldoen, bied Johan Steyn, eienaar van die gerespekteerde Patriot Boerbokstoet in Suid-Afrika, 'n intensiewe een dag Boerbokboerdery kursus aan. Hier deel hy sy kennis en ervaring van meer as 30 jaar met studente. Die kursus word vir die boer deur 'n boer aangebied. Indien u u winsgewendheid en volhoubaarheid wil verbeter, sal u aansienlik baat deur die kursus by te woon.
Ingesluit in die kursusfooi is 'n dokumentpakket (in óf Afrikaans óf Engels) wat die volgende bevat:
'n Omvattende handleiding
'n Professioneel ontwerpte sertifikaat
Middagete
Tee en koffie deur die loop van die dag
Die intensiewe een dag kursus, wat by die welbekende Anderland landgoed buite Potchefstroom aangebied word, dek alle aspekte van Boerbokboerdery. Dit sal die student instaat stel om die kennis wat hy ingewing het, aan te wend om die winsgewendheid en volhoubaarheid van sy boerdery te verbeter. Die kursus is op nuwe sowel as ervare boere met 'n kennis van veeboerdery, en wat hulle kennis wil verbeter, gemik.
Alle kursusmateriaal is ook in Afrikaans beskikbaar. Ā Kursusse kan ook uitsluitlik in AfrikaansĀ aangebied word indien verlang en indien daar voldoende studente is.
Met voltooiĆÆng van die kursus sal die student sy kennis dadelik tot voordeel van sy boerdery kan aanwend.
Die volgende vakmateriaal word gedek:
Fisiologie van die Boerbok
Die Ekonomie van Veeboerdery
Volhoubaarheid
Dieregesondheid
Byvoeding
Beplanning van die Produksiesiklus
Bestuur van die Lamseisoen
Kursusdatums
Besigtig asseblief ons Kansellasiebeleid deur op die knoppie hieronder te klik.
IMPORTANT: Please read our Cancellation Policy
* If you reschedule your booking in writing by email 48 hours at the latest before the date of the course and in time for us to change the arrangements with the venue, no additional costs will be levied with your attendance at the next course.āØ
* However, cancellations received after this deadline and non-arrivals on the day of the course will be carried forward once only to the next course at a cost of R500 per student (payable in advance before attendance of the rescheduled course) to cover direct costs.āØ
* The rescheduled course must be within 4 months of the original course you booked for. āØ
* Should you not attend this rescheduled course, your booking and payment in full is forfeited. āØ
* Should you cancel your booking after we have received your payment, your course fee will be refunded, less R300 to cover bank charges and admin costs.
-
* Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 12 Febuary 2025(payment cutoff date: 7 February 2025)
-
* Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 21 May 2025(payment cutoff date: 15 May 2025)
-
* Boer Goat Training Course, Potchefstroom ---------------------------------- 5 November 2025(payment cutoff date: 31 October 2025)