In this Knowledge Bank section you will find answers to almost any question related to Boer Goats and raising them. It is a constantly expanding source of information so please return here as often as you need to.
If you don’t find what you are looking for here, please send an email – using the form at the bottom of this page – and the answer will be placed here to assist other producers who may have the same question. Johan Steyn, owner of the globally respected Patriot Boer Goat Stud, brings his experience and knowledge gained over more than three decades of Boer Goat production, to this platform.

Wat is die Suid-Afrikaanse Boerbok?

Die SA Boerbok is 'n geregistreerde vleisbokras wat kommersiële boere in Suid-Afrika oor amper 70 jaar al deur streng seleksie ontwikkel. Die Boerbok is, as gevolg van sy gehardheid, vrugbaarheid, moedereienskappe, aanpasbaarheid en vinnige groeitempo, die maatstaf waarteen alle vleisbokke wêreldwyd gemeet word.
Die ras is geteel om spesifiek onder harde, semi-woestyn en ekstensiewe omstandighede te gedy. Selfs onder dié omstandighede sal die Boerbok lae gehalte weiding teen minimale insetkostes in vleis omskep.

Drakrag

Om drakrag akkuraat te bepaal om volhoubaar te kan boer is nie iets wat kortliks beantwoord kan word nie. Hieronder is 'n paar beginsels wat sal help met besluitneming.
Veld wissel na gelang van die gebied, in sy vermoë om vee volhoubaar te kan dra. Dit is belangrik dat drakrag bepaal word alvorens daar met vee op 'n plaas geboer word.
Om op 'n ekonomies lewensvatbare eenheid te boer is van kardinale belang. Dit gaan die boer min baat om sy grond dood te wurg om 'n bestaan op 'n plaas te kan maak wat nie die verlangde getalle kan dra nie. 
Drakrag word as 'n verhouding uitgedruk: GVE:ha (GVE = grootvee eenheid = 1 bees en 'n suipkalf. ha = hektare. Een GVE is gelyk aan 6 KVE (kleinvee eenheid). Een KVE = ooi en haar suiplammer/s. 1:6 beteken dus dat 6ha weiding van goeie gehalte 1 GVE volhoubaar vir 1 jaar kan dra. Vir die Boerbokboer beteken dit rofweg dat 1ha per KVE benodig word. Dit is belangrik om die werklike vs die amptelike drakrag te bepaal en dit gaan die boer slegs deur ondervinding en noukeurige waarneming van sy veld oor 'n tydperk kan bepaal. Onoordeelkundige veldbestuur oor baie dekades lank al ('n wêreldwye verskynsel) het veroorsaak dat amptelike drakrag in baie gevalle hoër is as die werklike drakrag van veld. Oorbeweiding of onoordeelkundige weidingbestuur gebeur oor 'n tydperk van jare en is dikwels sonder duur meganiese of menslike ingryping, onmoontlik om om te keer. Dit word dus aanbeveel dat diergetalle stadig opgebou word totdat die volhoubare drakrag van die plaas bereik word. Dit moet natuurlik gepaard gaan met noukeurige en deurlopende waarneming deur die boer. 
Verskeie faktore soos grondbedekking, moontlike oorbeweiding, beskikbaarheid van aangeplante weidings, besproeiïng, kampe en diesmeer moet ook in berekening gebring word wanneer drakrag bepaal word. Veeboerdery — soos in die geval van meeste landboukommoditeite — vereis dieregetalle wat weer grondoppervlakte vereis om ekonomies lewensvatbaar te wees.

Hand Rearing Kids

Om lammers hans groot te maak is nie 'n gewenste praktyk nie. Ooie wat swak moedereienskappe toon, onvoldoende melk produseer of probleem uiers het moet eerder geprul word. Dit word aanbeveel dat bestuurspraktyke ook ondersoek word om te bepaal hoe dit verbeter kan word om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom.
Waar 'n pasgebore lam deur 'n ander ooi as stieflam grootgemaak moet word (dalk 'n drielinglam by 'n enkellam ooi te plaas byvoorbeeld), behoort dit so gou as moontlik nadat die twee ooie gelam het, gedoen te word. Terloops, dit is nóg 'n goeie rede om lamseisoene as bestuurspraktyk te gebruik. Die stieflam kan met die geboortevloeistof van die stiefooi gesmeer word en dan saam met die stiefooi in 'n lamhok met haar eie lam/mers geplaas word. Dié praktyk werk goed en die stiefooi aanvaar gewoonlik baie gou die stieflam as haar eie.
Indien die lam ouer as omtrent 'n uur of wat is, kan die lam nogsteeds by 'n stiefooi geplaas word deur van haar melk op die kop en agterkwart van die lam te melk dat sy die reuk van hom kan gewoondraak.. Hulle kan dan ook vir 'n paar dae onder higiëniese omstandighede in 'n lamhok gehou word. Gereelde waarneming is belangrik om te sien dat als glaad verloop en die ooi die lam laat suip.
As melkvervanger kan óf Lamlac óf Surromel vir Lammers, gemeng volgens die vervaardiger se aanwysings, gebruik word. 'n Mengsel van 1 liter gewone koeimelk waarby 1 eier en 25g glukosepoeier gemeng is, kan ook gebruik word. Laat die lam met 'n tietbottel sowat 60ml per keer 5-6 maal per dag daarvan suip. Sorg dat die lam nie oorvoed word nie en ook dat hy nie verstik nie.

Die behandeling van Chlamydiale ooginfeksies

Chlamydiale ooginfeksie word deur stof en vlieë vererger. 
The symptoms are a watering eye that becomes progressively milkier until if becomes totally opaque with a white centre if left untreated.  The goat can become blind if the condition is not attended to.
Administer a tetracycline in a manner similar to eye drops, in the eye daily by using an eye dropper or syringe without a needle. Continue daily evening and morning until it clears up. 
Dose all goats with a vitamin A supplement like Oral Dose A or similar. Remove them from dusty environments or damp down dust with water. The eye infection is contagious so separate infected goats from others. Flies spread the infection. 
Using a very thin needle, a mixture of 1,5ml Pendistrep and 1,5ml Predef can be administered directly above and directly below the infected eye. This is a delicate procedure and the goat’s head must be held firmly to avoid puncturing the eyeball. If you are uncomfortable with the procedure, it may be better that a veterinarian perform the procedure.
Ent jaarliks teen Chlamydiale siektes met entstowwe soos Enzovax óf Chlamydia óf Chlamysure om dit te voorkom. Doen ook vitamiene A aanvulling 2 - 3 maal per jaar. 
Raadpleeg u veeaarts of dieregesondheiddeskundige vir raad en advies.

Stud vs Commercial grade Boer Goats

Dikwels is daar 'n misverstand oor die term "stoetdier". Daar word soms na stoetdiere verwys wanneer die persoon eintlik teeldiere bedoel. Sien ook die artikel hiernaas: "Verskillende Grade Boerbokke".
Kudde diere is 100% volbloed Boerbokke maar mag dalk een of twee afwykings of "foute" toon wat veroorsaak dat hulle nie as stoet diere by die Telers Genootskap geregistreer kan word nie. Dié mag kleurafwykings, horings wat nie perfek gerond is nie, konformasie of bouvorm foute en diesmeer insluit. Die afwykings is van so 'n aard dat daar nogsteeds met hulle geteel kan word alhoewel hulle nie die toppunt van Boerbokgenetika is nie.
Stoetdiere voldoen is alle aspekte aan die rasstandaarde soos deur die Telersgenootskap bepaal word. Hulle verteenwoordig die toppunt van Boerbokgenetika. Hulle bouvorm, konformasie, haarkleed, kleur en pigmentasie is uitstekend en is dié diere dikwels uit gerespekteerde en beproefde bloedlyne geteel. Hulle is reeds deur twee inspekteurs van die Suid-Afrikaanse Boerboktelers Genootskap gekeur en het 'n staal oorplaat in die oor. Dié oorplaat sal die teler se stoetnommer — by die Genootskap naspeurbaar — asook 'n indiwiduele diernommer en die genootskap se kenteken daarop gegraveer.
Betroubare en etiese telers sal besonderhede van beide die moer sowel as die vaar, asook ander toepaslike prestasiesyfers, kan verskaf. Sodoende kan die koper 'n ingeligte besluit neem eerder as om bloot op visueële indrukke 'n besluit te neem. Dié syfers laat die koper toe om genetiese suiwerheid asook toekomstige prestasie van die dier waarin hy belangstel, te kan bepaal.
Dit word aanbeveel dat die werkinge van die bedryf verstaan word. Weet byvoorbeeld wat die verskil tussen SP (Stud Proper), stoet, kudde en slag (of prul) diere is. Daar is natuurlik 'n prysverskil as gevolg van die prestasie en gehalte verskil. Mees belangrik, die verskil is nie altyd op die oog af opmerklik nie. Om bloot op visuele kenmerke eerder as bewese prestasie 'n dier aan te koop, kan mens op langtermyn duur te staan kom.

Various Grades of Boer Goats

Die Suid-Afrikaanse Boerbok Telersgenootskap stel 4 verskillende grade Boerbokke daar. Pryse styg per graad. Prul- of slagdiere word gewoonlik per kilogram op die hoef verkoop. Teeldiere word gewoonlik per kop, afhangend van hulle bloedlyne, telergeskiedenis en prestasie, gehalte en kondisie, verkoop.
Prul- of slagdiere
Dié diere is as gevolg van genetiese afwykings, konformasie tekortkominge of nie voldoening aan rasstandaarde, ongeskik om mee te teel. Hulle word meestal per kilogram lewendige gewig verkoop.
Kudde Graad
Kuddediere voldoen aan die minimum rasstandaarde soos deur die Genootskap bepaal. Hulle mag klein afwykings toon wat voorkom dat hulle as stoetdiere gekeur kan word. Daar kan wel met kuddediere geteel word alhoewel hulle as gevolg van afwykings soos klein kleurvariasies, growwe haarkleed, horingvorm, konformasie ens nie die toppunt van genetiese materiaal toon nie.
Stoet Graad
Stoetdiere voldoen ten volle aan die rasstandaarde wat deur die Suid-Afrikaanse Boerbok Telersgenootskap bepaal word. Hulle verteenwoordig die heel beste genetika, konformasie, groeitempo, vrugbaarheid en ander eienskappe wat die Boerbok so gesog maak regoor die wêreld. Hulle word deur twee inspekteurs van die Suid-Afrikaanse Boerboktelers Genootskap gekeur en, indien hulle die graad maak, word 'n staal oorplaat in die oor aangebring. Dié oorplaat bevat die teler se stoetnommer — by die Genootskap naspeurbaar — asook 'n indiwiduele diernommer en die genootskap se kenteken daarop gegraveer.
SP (Stoet Proper)
SP graad diere is die toppunt van Boerbokstoetteling, is by SA Stamboek geregistreer en het verskeie vlakke prestasie- geketika- en ander data beskikbaar. Dié data kan aanteel data, maternale indekse, groei indekse, 3-generasie stamboom en ander data wat bewys van hulle gehalte en prestasie is, insluit.

Voorkomende Hartwater praktyk

Boerbokke wat in 'n hartwatergebied gebore is, is gewoonlik — maar nie altyd — bestand teen hartwater. Diere vanuit 'n nie-hartwater gebied kan nietemin oor 'n tydperk voorkomend behandel word terwyl hulle hul immuniteit opbou. Immuniteit is nie gewaarborg nie, selfs in diere wat vanuit 'n hartwatergebied kom. 'n Dipprogram wat goed beplan en geimplimenteer is, is belangrik in die voorkoming van die siekte. Hartwater is 'n groot oorsaak van vrektes onder Boerbokke.
Boerbokke wat vanuit 'n nie-hartwater gebied na 'n hartwater gebied verskuif word, kan voorkomend met tetrasiklien (teen 1ml per 10kg liggaamsmassa) elke 20 dae vir 6 - 8 maande ingespuit word. Dié prosedure MOET tesame met ’n goed beplande en geïmplementeerde dipprogram gepaard gaan. 
Raadpleeg u veeaarts of dieregesondheiddeskundige vir raad en advies.

Treating Orf (scabby mouth, Vuilbek)

Orf is 'n aansteeklike infeksie wat deur die orf virus veroorsaak word. Dit veroorsaak vratagtige sere in die mond, op die lippe, ooglede, ore en tussen die kloue. Suiplammers wat besmet is kan die vratte aan die spene van hulle ma's oordra.
Indien dit onbehandel gelaat word, kan dit 'n ernstige nadelige uitwerking op lammers se suip en voeding hê. Hulle kan erg kondisie verloor en, in uiterste gevalle kan hulle vrek.
Die mees doeltreffende behandeling is natuurlik om voorkomend te ent. Terwyl kommersieël beskikbare entstof gebruik kan word, is die mees doeltreffende entstof dié wat spesifiek vir die soorte wat op die boer se plaas self voorkom, voorberei is.
Besmetting kan soos volg behandel word:
Meng 1/3 jodium tinktuur met 2/3 aptekers paraffien. Meng dié met Speensalf totdat dit die tekstuur van joghurt het. Dien dié mengsel 2x per dag met 'n growwe borsel op die bek en ander besmette dele toe. Spuit 5ml Duplocillan binnespiers in, 3 dae agtereenvolgend teen sekondêre besmetting.
Alternatiewe Behandeling: 
Meng Speensalf met MUPS totdat dit die tekstuur van joghurt het. Dien dan 2x daagliks met 'n growwe borsel toe. Spuit 5ml Duplocillan binnespiers in, 3 dae agtereenvolgend teen sekondêre besmetting.
Raadpleeg u veeaarts of dieregesondheiddeskundige vir raad en advies.
Orf (or Scabby Mouth) lesions on a Boer Goat
Orf (or Scabby Mouth) lesions on a Boer Goat before treatment.
Orf (or Scabby Mouth) lesions on a Boer Goat
Orf lesions showing significant improvement during treatment.
Orf (or Scabby Mouth) lesions on a Boer Goat
Orf lesions totally healed following around 4 weeks of treatment.

Are wattle trees poisonous for Boer Goats?

Black wattle (Acacia mearnsii) and Silver wattle trees (Acacia dealbata) are prolific growers and declared invasive species in South Africa. Many farmers have large thickets of these trees on their farms and look for ways to utilise them.
The question often gets asked whether these trees are poisonous to Boer Goats.
According to animal health company Virbac, tannin poisoning of game and livestock is a risk against which the farmer should take precautions. Some plants produce tannins as a means to defend themselves and when grazed upon, the tannin build-up can be sufficient to poison the animals. Tannin levels are lower in the warmest part of the day whilst increasing during the cooler evenings. Young plant leaves contain more tannin than mature leaves. In times of drought or overgrazing, animals are forced to browse on high tannin containing plants.
It is thus important to take steps to reduce the risk of tannin poisoning on game and mixed farming enterprises. Poisoning of animals differs according to the animals, as tannin affects various animals differently.
Condensed Tannins
This type of tannin causes the inhibition of enzymes and protein precipitation. The result is a deficiency in certain nutrients. Such poisoning causes malabsorption of protein, leading to leanness of the animal. The high concentration found in foliage is usually not a problem, since such concentrations have a sharp taste that most animals do not like. However, if animals are forced to forage on plants high in condensed tannins (drought, small camps etc.), it could negatively affect the wellbeing of the animals.
Hydrolysable Tannins
Another form of poisoning occurs as the result of the decarboxylation of hydrolysable tannins, which gives off pyrogallol. Effects can range from liver necrosis to haemorrhagic gastroenteritis and kidney tubular necrosis. This type of poisoning causes acute deaths. The binding of tannins in saliva differs from one animal species to another i.e. giraffe, eland, and some other species do not have rumen microbes that can help with the digestion of the tannins.
For further reading:
Beneficial and detrimental effects of dietary condensed tannins for sustainable sheep and goat production—Progress and challenges
Role of Tannins in Defending Plants Against Ruminants: Reduction in Protein Availability
How to Prevent Tannin Poisoning in Game and Livestock

Guard Animals suitable for Boer Goats

Predation among small stock is a problem and leads to significant losses for producers. Many potential solutions have been used over decades. Among these solutions has been the use of guard animals to reduce the impact of predation. 
Guard dogs such as Anatolian Shepherd dogs, Africanus and Maluti have all been used with varying levels of success. The success of these dogs depends largely upon them not becoming habituated to humans. In other words, the dogs must see themselves as part of the goat flock, growing up with them, eating and sleeping with them. They are not to be viewed as pets or even working dogs like Border Collies or Kelpies.
Other animals that can also work well are ostriches, donkeys, Llamas, Alpacas, Black Wildebeest bulls although the latter  can be dangerous for humans. None of these is 100% effective but contribute toward reducing predation.
Ofttimes the only practical solution to severe predation is the penning of animals at night. 
It is important to bear in mind that whatever measures are implemented, many are temporary in nature, reducing in effectiveness as predators such as jackal become habituated to the measure. The producer should be aware of this and have a range of solutions that are rotated and changed regularly so that predators do not become comfortable with them. Predation management is thus an ongoing activity. It is also far better to work as closely as possible with nature rather than against it.  By disrupting the natural systems, additional problems are often created which present their own challenges in addition to the original issue.
 

Splinting a broken foreleg

Vra Gerus