
LAMMING
Die lamseisoen is een van die belangrikste fases in 'n kleinveeboerdery. Lammortaliteite het 'n geweldige negatiewe uitwerking op die winsgewendheid van die boerdery, Goeie bestuur kan dié verliese help beperk. Mortaliteite as gevolg van swak bestuur, swak voedingstatus van die ooi gedurende die laaste trimester van dragtigheid. Oorvoeding kan net so 'n negatiewe uitwerking teweeg bring. Die ooi behoort, met 'n voedingregime wat op standaard is, tussen 7 kg en 9 kg gewigstoename tydens die laaste ses weke van dragtigheid te toon.